Wêreld Nuusflitse – 2 Julie

VSA

Vyf personeellede, waarvan vier joernaliste is van die Capitol Gazette koerant in Amerika, is doodgeskiet en enkele ander gewond toe ’n man op hulle geskiet het, maar wat kort daarna deur die polisie vasgetrek is.

 

Ethiopië

Meer as een miljoen mense in Etiopië moes huis en haard verlaat en op die vlug slaan toe hernude geweld tussen burgerlike faksies losgebars het.

 

Turkye

Die Turkse president Erdogan, wat pas vir ’n nuwe termyn gekies is, het aangekondig dat die noodtoestand wat reeds twee jaar duur, op 19 Julie opgehef sal word.

 

Irak

Die eerste minister van Irak het aangekondig dat dertien terroriste van die Islamitiese Staat wat in aanhouding was, deur die land se hof ter dood veroordeel is en die afgelope week gehang is.