VSA plaas druk op immigrante

Medewerkers van die Amerikaanse immigrasie dienste het opdrag van die Trump administrasie gekry wat geweldig meer druk op immigrante in die VSA plaas.

Die immigrante agentskappe moet voortaan alle immigrante by die Amerikaanse grens vra of hulle kinders van hulle geskei moet word, en of die immigrante met of sonder hulle kinders teruggaan na hulle land van herkoms.

Die immigrante word glo voor die keuse gestel om een van twee opsies te kies, waarvan die eerste opsie is dat hulle kan verklaar dat hulle saam met hulle kinders herenig sal word en saam sal terugkeer na hul land van herkoms.

Die tweede opsie is glo dat die ouers bewustelik en uit vrye wil sonder hulle kinders sal terugkeer na hulle land van herkoms.

Waarnemers wys daarop dat dit immigrante “verplig” om hulle kinders met hulle saam te neem wanneer hulle die land verlaat.