Voortbestaan van EU in gevaar

Die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, het gewaarsku dat die voorbestaan van die Europese Unie in gevaar is indien daar nie eenstemmigheid bereik kan word oor aktuele sake, en veral oor die immigrante krisis nie.

Merkel se waarskuwing kom enkele ure voordat die EU lidlande se leiers vergader om konsensus te bereik oor die beleid wat toegepas moet word met immigrante wat Europa binnestroom uit Afrika lande.

Terwyl die Europese Unie se lidlande verdeeld is oor die toelating van onwettige immigrante, het die Duitse koalisieregering van kanselier Merkel ook in ’n krisis beland nadat die Christen Sosiale Unie van Bavaria gesê het hulle is nie tevrede met hoe die koalisieregering dink oor onwettige immigrante se toelating tot Duitse grondgebied nie.

Merkel se bekommernis spruit ook uit die feit dat die nasionalistiese regering van Italië reeds twee skepe met onwettige immigrante nie toegelaat het in sy hawens nie, en daarmee die krisis verder verhoog het tot ’n plofbare situasie.

Die president van die Europese Unie, Donald Tusk, het ook sy kommer uitgespreek oor die krisis en gevra dat leiers in die komende vergadering mekaar moet vind ten einde die EU van ondergang te red.

Foto – Kanselier Merkel