Vlieënde taxi is geen fiksie

Die moontlikheid dat Europa eersdaags gaan begin met die taxibedryf wat in die lug kortpad na jou bestemming vlieg, word ’n al groter moontlikheid.

Verskeie fabrikante is besig met intensiewe toetse om die doeltreffendheid van die  vlieënde taxi te toets.

Die grootste voordeel van die taxi is waarskynlik dat dit sy passasiers vinnig by bestemmings bring, sonder die frustrasie van verkeersknope wat so dikwels die oorsaak is dat afsprake te laat nagekom word.

Dit is veral die stedelike verkeer wat sakemanne frustreer wat elke dag afsprake moet nakom in dele vêr weg van sy eie kantoor, wat met die jongste toetse toon dat die ergernis uitgeskakel kan word.

Die wêreldbekende fabrikant, Rolls Royce het bevestig dat hulle ingekoop het in die plan om die nuwigheid werklikheid te maak.

Die neiging bestaan glo om die “vliegtuig” elektries aangedrewe te maak ten einde geraas en effektiewe werking te verseker.

Die Britse vervaardiger het reeds ’n prototipe elektriese tuig ontwikkel wat glo vinniger en verder sal vlieg met sy vier tot vyf passasiers, en is nou op die uitkyk na vennote om die konsep verkoop te kry aan belangstellende instansies.

Airbus is self ook besig met toetse om sy “CityAirbus” te ontwikkel terwyl Google ook met iets soortgelyk besig is.