Vlag-rusie dreig tussen Aussies en N-Seeland

Nieu-Seeland se waarnemende eerste minister vra dat Australië vir hulleself ’n nuwe landsvlag moet kry aangesien hulle jare gelede die Nieu-Seelandse vlag nageboots het wat vandag so dikwels verwarring veroorsaak.

Die twee vlae wat byna eenders lyk, het menige keer algehele verwarring veroorsaak en die Australiese vlag, wat ook een groot ster het, verskil andersins maar weinig van die buurland s’n.

Minister Winston Peters, wat tans waarneem as premier terwyl die eerste minister, Jacinda Ardern, met ses weke kraamverlof is, het Woensdag sy beskuldiging teen Australië se vlag gemaak op een van die land se radiostasies.

Peters het redelik ongelukkig gevoel oor die Australiese vlag wat volgens hom, ’n nabootsing is van sy land se vlag wat eerste ontwerp en in gebruik geneem is.

Die Nieu-Seelandse vlag is in 1902 ontwerp terwyl die Australiese vlag eers 52 jaar later, in 1954 die lig gesien het.

Nieu-Seeland het egter in 2016 sy kiesers geraadpleeg oor die moontlikheid van ’n nuwe vlag, en verskeie voorstelle en ontwerpe is voorgelê, maar uiteindelik het die bestaande ontwerp geseëvier.

Foto – Australiese vlag links