“Vat slegs blanke grond”

Tydens die parlementêre grondwetlike oorsig komitee se sitting in Rustenburg het ene Kgomotso Khunou gesê dat die swartes se groot-grootvaders die grond in Suid-Afrika besit het en geen grond is gekoop by hul stamvaders nie. Daarom moet slegs grond wat in Blanke besit is, teruggeneem word sonder vergoeding.

Dit is die redenasie van diegene wat slegs hoor wat Julius Malema en Cyril Ramaphosa sê rondom grondbesit, sê politieke ontleders.

Daar was by die verhoor hier en daar ‘n ligpunt wat vra dat grond wat aan die regering behoort ook aan die landsburgers gegee moet word.

Foto: Die verhoor in Rustenburg