Vakansie kos belastingbetaler R500 000

Die winter skoolvakansie het die Kaapse onderwysdepartement, en in effek die belastingbetaler, meer as R500 000 gekos weens diefstal en vandalisme by bykans 30 skole.

Rekenaars, stowe en oonde is gesteel  by die skole en die gebiede wat die ergste deurgeloop het was in die Kaapse Wynlande en die oostelike metro gedeeltes.