Twee gearresteer na plaasmoorde

Twee verdagtes sal die week in Wepener se landdroshof verskyn op aanklagte van moord, huisbraak, diefstal en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen.

Dit volg na die sinnelose moorde op ‘n 78-jarige boer en sy 68-jarige vrou in Vanstadensrus op Maandag 25 Junie 2018.

Ses vuurwapens en gesteelde goedere is in die terroriste se besit gevind.