Turkse president dreig VSA

Recep Tayyip Erdogan, die president van Turkye, wat onlangs met ’n groter meerderheid herkies is, het die Verenigde State van Amerika met internasionale arbitrasie gedreig indien sanksies teen sy land ingestel sou word.

Die VSA het verlede week by monde van die president gesê as Turkye weier om ’n Christelike geestelike leier, Andrew Brunson, vry te laat, sal die VSA genoodsaak wees om sanksies teen Turkye in te stel.

Brunson staan terg op aanklag van terreur verwante dade waarby hy glo betrokke was tydens die mislukte staatsgreep poging in 2016.

Erdogan het na die mislukte staatsgreep, talle Christelike leiers daarvan beskuldig dat hulle agter die opstokery sit, en het ook derduisende staatsamptenare en weermag offisiere afgedank en vervolg.

Die vyftigjarige leraar woon reeds meer as twintig jaar in Turkye, en word algemeen beskou as ’n rustige en vredeliewende persoon wat nie by sulke dade betrokke sal raak nie.

Een van die moontlike sanksies wat teen Turkye ingestel sal word deur Amerika, is die kanselleer van Turkye se bestelling van F-35 vegvliegtuie, maar Erdogan sê as dit gebeur sal hy internasionale arbitrasie aanvra.

Hy sê Turkye sal hom nie laat afdreig deur die arrogante president Donald Trump van Amerika nie.

Foto – Recep Tayyip Erdogan