Trump wys nuwe regter aan

President Donald Trump se keuse in die nominasie van ’n dame as regter van die hooggeregshof, lei ’n nuwe fase in van die Amerikaanse reg en die politieke koers, wat nie maklik omgekeer kan word nie.

Die president het Brett Kavanaugh genomineer en die bekragtiging van sy nominasie sal ’n nuwe koers meebring in die toekoms van die Amerikaanse nasie.

President Trump het daarna in die Wit Huis gesê Brett Kavanaugh is ’n briljante regter met ’n skoon en doeltreffende styl wat gegradueer het as een van die skerpste en beste regskennis van die huidige tyd.

Met die nominasie wil president Trump die afgetrede regter, Anthony Kennedy vervang en daarmee word nog ’n skuif na die regterkant bewerkstellig.

Waarnemers meen die skuif van die president val in lyn met sy verkiesingsbeloftes om Amerika sterk te maak en die politieke koers te verander wat tot onlangs redelik sterk deur die Demokrate aangedui is.

Die moontlikheid bestaan dat president Trump binne afsienbare tyd nog ’n nuwe regter moet nomineer in plek van regter Breyer wat eersdaags 80 jaar word.

Trump het met sy nominasie van Brett Kavanaugh ook ’n strategiese stap gevolg want die 53 jarige regsman kan vir baie jare op die regbank sit.

Foto – Brett Kavanaugh en gesin saam met die president