Trump snoer sy teenstanders se monde

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die monde gesnoer toe hy Vrydag tydens ’n mediakonferensie die sukses van sy ekonomiese beleid uitgespel het en aangekondig het dat die omstrede ObamaCare se dae getel is.

Die president het gesê dit was ’n verkiesingsbelofte om ObamaCare van die tafel te vee en te vervang met ’n beter gesondheidsplan vir Amerikaanse burgers.

Hy het ook gesê die nuwe plan is veel goedkoper as die duur ObamaCare wat tot nou toe in gebruik is.

Daarbenewens is ’n handelstekort met meer as $50 miljard verminder in die afgelope maande, terwyl belastingverligting aan werkers in werking gestel is.

Die ooreenkoms met Noord-Korea het sy eerste voordeel gelewer toe Kim Jong-Un die oorskot van 55 gestorwe soldate aan Amerika oorhandig het.

Kenners is dit eens dat die president toegewyd is om sy verkiesingsbeloftes na te kom en Amerika te regeer tot voordeel van sy burgers.

Vir die eerste keer in meer as ’n dekade het die Amerikaanse groeikoers die 4% groeikoers verby gegaan en kondig die Wit Huis aan dat die groeikoers die 4,14% gehaal het.

Foto – President Donald Trump