Trump en May praat besigheid

Te midde van die Amerikaanse president, Donald Trump, se kritiek teen die Britte se benadering met uittrede uit die Europese Unie, het die twee leiers veel in gemeen wat oor baie jare gevestig is.

President Trump het wel skerp kritiek oor premier Theresa May se hantering van Brexit, maar het tog ’n sagte oor gehad vir haar benadering om goeie handelsbetrekkinge met Amerika te handhaaf en verder uit te bou.

Die ontmoeting tussen premier May en president Trump het hoofsaaklik gehandel oor toekomstige handel tussen die twee lande, veral nadat Brittanje los gemaak is van die Europese Unie.

Die fokus het ook geval op die moontlike verhouding tussen die twee lande indien Theresa May wel sou omskakel na “harde Brexit” maar president Trump het dit onomwonde gestel dat Theresa May self sal besluit hoe om Brexit te bestuur, en dat dit geen nadelige uitwerking op die twee lande se handel met mekaar sal hê nie.

Tydens die perskonferensie was dit duidelik dat die twee leiers eendragtig vorentoe beweeg om die stewige handelsbande verder uit te bou tot beide lande se voordeel.