Trump eis ’n “harde” Brexit

Indien die Britse eerste minister, Theresa May, haar plan deurvoer met ’n sogenaamde “sagte” Brexit, dan is die land se ooreenkoms met die VSA van die baan gevee.

Dit is die waarskuwing wat president Donald Trump van Amerika tot die Britse premier gerig het in ’n onderhoud met ’n Britse koerant.

Die Amerikaanse president het na afloop van die Navo beraad in Brussel, besoek gebring aan die Britse eerste minister, waarna hy ook op uitnodiging van die Britse koningin besoek sal bring in die dorp Windsor waar die Windsor paleis is.

Die Britse premier is steeds van mening dat Brittanje bevoorreg sal wees om ’n vryhandel ooreenkoms met Amerika in stand te hou na Brexit afgehandel is.

Die jarelange goeie verhouding tussen die Britte en Amerikaners sal waarskynlik nie deur president Trump geskaad word nie, maar wil met sy waarskuwing probeer momentum gee aan die “harde” uittrede uit die Europese Unie.

Foto – Melanie, Donald Trump en premier May