Trevor Manuel sukkel om Ramaphosa te “verkoop”

Trevor Manuel, vorige minister van finansies, sê dat die grondkwessie dit baie moeilik maak om oorsese beleggers te oorreed om geld te belê in die land.

Manuel is een van vier wat aangestel is deur Ramaphosa om beleggers te soek, maar hy sê die mosie om grond te “steel” sonder vergoeding, het tot ‘n verswakking van die rand gelei en vrese by beleggers aangewakker.

Hy maak egter nog steeds die belaglike stelling dat eiendomme nie altyd regmatig verkry is nie, waardeur hy impliseer dat Blankes wel grond kon gesteel het.