Traangas, rubberkoeëls in Hermanus

Polisie moes gebruik maak van traangas en rubberkoeëls om opstokers in Zwelihle by Hermanus onder bedwang te bring.

Plaaslike oproermakers het deur die nag bande gebrand, paaie versper en klippe gegooi.

Meer as 1 000 oproermakers was betrokke en die plaaslike kliniek was gesluit en sal dalk vandag weer heropen.

Die logika van die mense ontbreek geheel en al wanneer infrastrukture beskadig word en mense verhoed word om te gaan werk en selfs om gesondheidsorg te ontvang.

Intussen is die enigste biblioteek in die gebied totaal verwoes nadat dit aan die brand gesteek is.