Thailand kinders weer veilig

Die elf sokkerspelers en hulle afrigter is na nege dae van soek in ’n tien kilometer lange grot, uiteindelik gevind nadat ’n Amerikaanse spesialiste span saam met Britse kundiges die onbegaanbare grot binnegedring het.

Behalwe dat die elf seuns baie honger was, is hulle ongedeerd by hulle 26 jarige afrigter, en word voedsel deur middel van ’n pyplyn na hulle deurgevoer omdat nuwe planne gemaak moet word om die seuns weer uit te kry.

’n Baie sterk stroom water verhinder hulle om uit die grot te kom, en die spesiale span reddingswerkers het nie sonder erge moeite deur die waterstroom gekom nie.

Die seuns, waarvan die oudstes 16 jaar is, het ’n groot sug van verligting gegee toe die vreemde mense uit die VSA en Brittanje hulle bereik het.

Die reddingspan wat ook gespesialiseerde duikers is, kon deur die sterk waterstroom kom, maar nuwe maatreëls moet nou getref word om die seuns na buite te neem.