Thailand kinders steeds gesoek

Die span sokkerspelers en hulle afrigter wat vasgekeer is in ’n grot in Thailand is nou reeds langer as ’n week weg, en deskundiges van die Amerikaans weermag en grot deskundiges van die Verenigde Koninkryk het Donderdag opgedaag om te help soek na die vermiste seuns.

Britse duikers wat opgelei is om in grotte se rivierlope te duik, word ingespan om te kyk of hulle die vermiste seuns kan vind wat nou reeds dae lank sonder kos moes klaarkom.

Die soektog kan lank duur in die reusagtige grot wat tien kilometer lank is en baie sy takke het wat mense kan laat verdwaal as hulle nie bekend is met die omstandighede nie.

’n Woordvoerder van die Thailand weermag het later gesê die Britse duikerspan, tesame met die Amerikaanse weermag deskundiges werk onverpoos saam met die Thailand reddingspan en hoop op goeie resultate.

Die vermiste seuns se fietse en drasakke is by die ingang van die grot gelaat, en het onaangeraak gebly sedert hulle vermis word.