Tesourie los ‘n bom

Tesourie het in ‘n nuwe forensiese  verslag bekend genaak dat die grootskaalse bedrog en diefstal binne Eskom vanuit eie geledere kom.

Die verslag toon hoe Matshela Koko, vorige hoofuitvoerende beampte, en Ayanda Ntete, vorige hoof van brandstof verkryging, “oortyd” gewerk het om die Gupta familie te bevoordeel en sodoende Eskom benadeel het.

‘n Vyfhonderd bladsy verslag toon Anoj Singh, Brian Molefe, Koko, Ben Ngubane, Ntete en Suzanne Daniels se betrokkenheid by skaduagtige onderhandelings by Eskom.