Terror Lekota vra vir vlugtelingkampe

Tydens ‘n perskonferensie tussen koalisiepartye, naamlik DA, ACDP, Cope, IVP en VF+, het Terror Lekota gesê dat ‘n koalisieregering uitlanders in vlugteling kampe kan plaas om plaaslike inwoners te beskerm ten opsigte van behuising en plaaslike besighede.

Elke spreker van die partye het die voordeel van ‘n veelparty regering bevestig  en dr. Pieter Groenewald het beaam dat die enigste weg is om in koalisies aan te gaan teen die ANC.