Stadsraad groot KFC kliënt

Die munisipaliteit van Queenstown se munisipale bestuurder het glo R90 000 spandeer op spysenering met die naam KFC.

Chris Magwangqana het die uitgawes verdedig aangesien dit nie vergelyk met die bedrag geld wat die raad spandeer om die dorp skoon te maak nie.

Intussen is brandweer voertuie en vullis verwyderings voertuie verkoop op ‘n veiling om die kontrakteur te betaal vir die bou van ‘n gemeenskapsaal van R21 miljoen in  Sterkstroom.