Staatsamptenare skryf een motor per dag af

Die regering, en in effek die belastingbetaler, het bykans R11 miljoen die afgelope drie jaar betaal om 1 000 staatsvoertuie te hertsel wat in ongelukke betrokke was.

Meer as 220 voertuie is afgeskryf terwyl die herstelkoste aan die ander meer as 700 voertuie gemiddeld R14 000 elk was.

Justisie en Korrektiewe Dienste loop voor met 518 voertuie, Binnelandse Sake behaal ‘n tweede plek met 196 terwyl Bosbou, Landbou en Visserye 136 motors verniel het en die polisie is nie ver agter nie.

Op navraag word die vermoede bevestig dat vele staatsvoertuie veral oor naweke gebruik word om privaat vervoer werk te doen met staatsbrandstof.

Onbekwame bestuurders is in meeste gevalle verantwoordelik vir die ongelukke.

Daar is nie gemeld wat die koste beloop waar derdeparty voertuie deur die staat herstel moes word weens agterlosigheid van amptenare nie.