Spaanse minderheidsregering kan val

Slegs 88 van die 350 parlementslede in die Spaanse parlement het ten gunste van ’n begrotings voorstel gestem, wat groot druk plaas op die sosialiste se Eerste Minister, Pedro Sánchez.

Premier Sánchez se minderheidsparty gaan nou ’n moeilike tyd binne nadat diee konserwatiewe Volksparty ontslae geraak het van sy vorige leier en ’n jong dinamiese opvolger gekies het.

Die Sosialiste het aan bewind gekom toe die parlementslede ’n mosie van wantroue gesteun het teen premier Rajoy, wat hom genoop het om uiteindelik die tuig neer te le en daarna ook as partyleier eenkant moes staan.

Met die konserwatiewe Volksparty se lede wat nou weer ’n stewige eenheid vorm na die korrupsie skandaal van vroeër, bestaan die moontlikheid dat die Sosialiste nie lank aan stuur van sake gaan bly nie.

Die linkse regering ht nou een maand tyd om die begroting te wysig en met ’n nuwe voorstel te kom, maar opposisiepartye staan gereed om die moeilik te maak vir die Eerste Minister wat nou reeds sy eerste nederlaag gesmaak het.

Die verteenwoordigers in die Spaanse parlement wat Kataloniërs is, sal waarskynlik elke keer teen die begroting  stem om hulle bedingingsmag daarmee te gebruik om verdere onderhandelinge met Spanje te verseker.

Dit is egter die Volksparty met sy 37-jarige leier, Pablo Casado, wat die wêreld gaan omkrap vir die sosialiste en dit is volgens kenners nie vêrgesog om te sien dat daar binne maande ’n regeringsverandering gaan kom nie, veral omdat die Volksparty by verre die sterkte in die parlement verteenwoordig is.

Foto – Pablo Casado