Sosiale media geleenthede bespreek

Die Studiegroep vir Eietydse Geskiedenis (Sege) het eerkomende Maandag, 30 Julie, weer sy maandelikse byeenkoms by ‘n restaurant in Pretoria.

Die spreker is mnr. Koot van der Ryst. Hy het hom ingestudeer in die moontlikhede wat die sosiale media bied ten einde die boodskap van selfbeskikking te vestig en te versprei onder ‘n groot deel van ons volksgenote.

Hy sal ook voorbeelde gee van projekte wat reeds geloods is en projekte wat nog beplan word.

Mense wat graag die geleentheid wil bywoon, kan ‘n e-pos stuur aan [email protected] deur die loop van die naweek om bywoning te bevestig. Die geleentheid begin Maandag om 12:30 stiptelik by ‘n bekende restaurant, waar ‘n vasgestelde spyskaart teen billike prys vir Sege aangebied word, en waar na afloop van die praatjie en ete, gewoonlik interessante gesprekke plaasvind. By ontvangs van die e-pos sal die plek bekend gemaak word, aangesien slegs beperkte plek beskikbaar is en bespreking ‘n vereiste is.