Sjinese medisyne gevaarlik

Terwyl Sjina sy bes probeer om groter toegang tot die Suid-Afrikaanse mark te kry na sy R33 miljard lening aan Eskom (teen ‘n besonder stewige rentekoers), is van sy produkte onder verdenking.

Sjina voer ‘n produk uit na Suid-Afrika wat in ‘n bloeddrukpil gebruik word, en daardie produk het gevaarlike chemikalieë wat moontlik kanker veroorsaak.

Die produk Valsartan wat uit Sjina kom word gebruik in die bloeddrukpil Dynaval Co. Die vervaardigers het nou die pil herroep, maar daar word gevrees dat dit te laat is vir die derduisende mense wat die produk oor ‘n langer tyd gebruik het.

Produkte wat Valsartan bevat is vroeër ook in Europa en Amerika herroep.

Mense wat Dynaval Co gebruik of besit, moet dit onverwyld terugneem na hulle apteke.