SAUK dank Sully af

Die SAUK het Sully Motsweni (foto) afgedank nadat sy saam met ander bestuurders twee kontrakte ter waarde van R18 miljoen toegestaan het terwyl daar nie voor begroot is nie.

Sy is ‘n gunsgenoot van Hlaudi Motsoeneng en sy staar tans strafregtelike klagtes in die gesig weens “finansiering” van familie en vriende se besoek aan verskeie geleenthede in die land. Die bedrag hierby betrokke is net meer as R45 000.