SAID moet onwettige besluite bestuur

Die SA Inkomstediens (SAID) het aangekondig dat hulle gaan poog om die “noodlottige” besluite geneem onder Tom Moyane se leierskap om te keer. Die herinstelling van “sleutelspanne” gaan die “onwettige” ekonomie aanpak om die teiken van meer as R1,3 triljoen belasting  in te vorder.

Onwettige smokkelary in sigarette en perlemoen, asook onwettige goud  handel, die brandstofbedryf en georganiseerde misdaad is van die fokuspunte van die spanne.

Die probleem is egter dat kundige persone intussen die pad gevat het terwyl ander “uitgeplaas” is na ander sektore.

Gene Ravele, vorige SAID hoof van Belasting en Doeane,  het aan die Nugent kommissie vertel hoe inspeksies na tabakmaatskappye deur Jonas Makwakwa gestop is, en dus uitvoerbelasting sodoende beïnvloed het.

Die omkeer pad is een wat nie maklik gaan wees nie en verlore miljoene is verlore en sal seker nooit herwin kan word nie.