Saak teen regter Hlope weer uitgestel

Die Regsraad se tribunaal,  wat regter John Hlope se saak sou aanhoor, is weer eens uitgestel nadat een van die sittende regters homself onttrek het aan die saak.

Die saak is reeds in 2013 aanhangig gemaak om die gedrag van die Kaapse hooggeregshof president John Hlope aan te hoor nadat hy na bewering gepoog het om twee  konstitusionele regters te beïnvloed in ‘n saak waarby Jacob Zuma betrokke was.

Die saak is onbepaald uitgestel en die vermoede bestaan dat dit later ‘n stadige dood sal sterf.