Reuse ysberg kan tsoenami veroorsaak

Groenland monitor ’n reuse ysberg naby sy kusgebied en vrees dat die massiewe stuk ys mag afbreek en dele van Denemarke se gebied kan oorstroom in ’n tsoenami.

’n Groter aantal ysberg gedeeltes in die gebied word dopgehou weens die moontlikheid dat die massiewe ysberge kan wegbreek van die vasteland en geweldige oorstromings kan veroorsaak.

Die grootste gevaar is ’n stuk ysberg van 100 meter hoog wat afgebreek het en tans drywend is, maar wat as voorloper tot groter gevare kan wees.

Die klein nedersetting waar 170 Deense burgerlikes woon, word nou deur die polisie bygestaan om te voorkom dat hulle in geval van ’n tsoenami oorspoel word.

’n Ou inwoner van die nedersetting sê dit is nie ongewoon dat groot dele afbreek nie, maar die huidige tendens toon dat veel groter stukke afbreek wat tot ernstige gevolge kan lei.

Klimaat deskundiges in Frankryk beweer dat die voorkoms van al groter dele wat afbreek, toenemend gaan plaasvind vanweë klimaatveranderings.

Verlede jaar het die wegbreek van ’n massiewe ysberg die dood van vier mense tot gevolg gehad, en minstens elf het ernstige beserings opgedoen en moes hospitaal behandeling kry.