Reuse deurbraak teen kanker

Twee jaar gelede word ’n “immune-terapie” in België gebruik  om van die mees aggressiewe kankers soos longkanker en melanoom te beveg.

Die resultaat van die behandeling is verstommend volgens die deskundiges wat daarmee gemoeid is om die terapie toe te pas.

In die behandeling van longkanker is ’n gunstige resultaat bereik wat toon dat die kanker met 50% in mortaliteit gedaal het.

Daarbenewens is die behandeling wat gegee word, meer bekostigbaar en kan die meeste pasiënte dit bekostig.

Die Immuunterapie  waarby die pasiënt se immuun sisteem gebruik word om die kanker teen te werk, is nie net meer bekostigbaar nie, maar veel meer effektief as die standaard behandeling wat tot nou toegepas is.

By 40% van pasiënte met velkanker het die kanker feitlik verdwyn, en in enkele gevalle (15%) is dit geheel en al genees.

Die deurbraak aan die Universiteit van Gent in België sal waarskynlik daartoe lei dat duisende mense van die nuwe metode gebruik sal maak om kanker te bestry.

Die grootste voordeel is klaarblyklik dat die terapie nie ernstige nagevolge het nie.