Rentekoerse bly dieselfde

Die SA Reserwebank het aangekondig dat die uitleenkoers aan banke dieselfde bly nl. op 6,5%. Die prima uitleenkoers sal op 10% bly.

Die bank se siening oor groei in die land is afwaarts aangepas na 1,2% vir 2018, wat steeds geen mosie van vertroue in sy eie regering is nie.

Die Reserwebank het ook sy kommer uitgespreek oor salarisverhogings wat hoër is as die inflasiekoers terwyl produktiwiteit  aan die afneem is. Die styging in die staatsdienssalarisse is deur die bank uitgesonder as die hoofoorsaak van stygende inflasie.