Ramaphosa verdedig Zuma

Groot vraagtekens hang oor Cyril Ramaphosa se veldtog teen korrupsie en misdaad.

In ‘n onderhoud met ‘n Franse TV stasie het, het Ramaphosa gesê dat hy “volkome geloof en vertroue het  dat oud-president Zuma ‘n lid van die ANC sal bly tot die laaste dag van sy lewe.”

Hy sê ook die ANC is in Zuma se bloed en hy sal nie teen die party draai wat hom gemaak het wat hy is nie.

Intussen staar Zuma honderde aanklagte van bedrog in die gesig.  Hy het  staatskaping toegelaat en deel daaraan gehad, en waarnemers vra nou of dit is wat ‘n party van jou maak?

Fikile Mbalula sien Zuma  as ‘n lojale  en gedissiplineerde lid van die ANC.  Dit is dus wat die leierskorps van die ANC van Zuma dink.

Die uitsprake laat politieke ontleders glo dat Zuma nie werklik vervolg en tronk toe gestuur gaan word nie, en dat hy nie gedwing gaan word om die miljoene terug te betaal wat hy “verwerf” het deur sy verbintenisse met die Guptas.