Ramaphosa die afwesige president

Dit lyk of Cyril Ramaphosa lief is daarvoor om sogenaamde staatsbesoeke af te lê.

Hierdie keer gaan hy twee dae na Nigerië om bilaterale verhoudings te bespreek.  Hy word vergesel van die ministers van verdediging, energie, polisie en adjunkminister van handel.

Die koste van die “kuier” sal seker eers later bekend gemaak word.

Die Nigeriese afvaardiging gaan glo vrae vra rondom die veiligheid van Nigeriese burgers in Suid-Afrika.

Bheki Cele het nou die titel gekry van “no nonsense” minister.  Dit blyk egter dat die polisie steeds nie in staat is om misdaad te bekamp nie.

Intussen het Ramaphosa ook na Saoedi-Arabië gegaan as deel van sy drielande toer.