Puigdemont keer terug na België

’n Duitse hof het beslis dat hy die vervolging van die voormalige president van Katalonië, Carles Puigdemont, staak en dat hy vry is om te reis waarheen hy wil.

Dit volg nadat die hooggeregshof in Duitsland bevind het dat Puigdemont nie aan Spanje uitgelewer kan word ingevolge die Spaanse hof wat ’n uitleweringsbevel uitgereik het weens sy aktiewe deelname aan ’n rebellie.

Die hof het egter bevind dat Puigdemont nie betrokke was by enige rebellie nie, en daarom die uitlewering geweier.

Daarna het die hoërhof in Spanje die uitlewerings bevel teruggetrek wat die Duitse hof laat besluit het dat geen saak teen Carles Puigdemont ingebring kan word nie en beslis het dat hy kan reis waarheen hy wil.

Met die beslissing kan die voormalige president terugkeer na België waar hy die afgelope jaar woonagtig is omdat die terugkeer na Spanje beteken dat hy in hegtenis geneem sal word.

Puigdemont het later aan die media gesê dat hy dankbaar is om terug te gaan na Brussel en bygevoeg dat die demokrasie in Spanje aan die wankel is.

Foto – Carles Puigdemont