Prikkel: Hoe handhaaf ons volk homself?

Vir ons wat in die sg. “nasie van minderhede” (‘n foefie waarmee ons tot volledige versmelting gelei is) bestaan, is die vraag na handhawing uiters aktueel.  Vir baie jare het dit vir ons gegaan oor “politiek” met die aanvaarding dat wie die politieke mag in hande het, homself kan handhaaf.  En met die kombinasie van getalle waarop die sg. demokrasie gebou is, lyk dit asof ons daardie beheer in die Nuwe-Suid-Afrika finaal verloor het.

Dit gaan dus oor prioriteite.

‘n Volk handhaaf homself eerstens deur sy geloofsoortuiging, sy taal, sy kultuurwaardes, en sy historiese lotsgebondenheid.  Word ons lewensomstandighede nugter beskou, lyk dit asof politieke mag die laagste prioriteit behoort te wees.  Want eers as ‘n volk ‘n hegte eenheid deur sg. ander kwaliteite vorm, kan hy homself handhaaf deur politieke mag.  Dit is immers ook die praktiese les wat ons uit Europa kan leer:  daar bestaan volke, Franse, Spanjaarde, Nederlanders, Duitsers ens.  afsonderlik op dieselfde kontinent en naas mekaar.  Telkens wanneer politieke magsbeheptheid ingetree het, het dit tot oorlog gelei.

Dis tyd dat ons ons priotiteite moet rangskik.  Godsdiens, taal, kultuur bied bestaangronde.  Terselfdertyd bied dit die kragte waarmee ons staande kan bly in hierdie deurmekaar gesklitste bevolkingsamestelling waarin ons ons bevind.  Maar dit is afhanklik van die volkswil.  Wil ons as volk bestaan?

Hendrik v.d. Wateren