Pasop vir Sjinese produkte

Dit is nie die eerste keer dat Sjinese produkte wat aan babas toegedien word, gelei het tot ’n reuse skandaal omdat die produkte nie aan die verwagte veertigstes voldoen nie.

’n Firma wat in Sjina ’n entstof verkoop wat aan babas toegedien word, gaan glo nou krimineel aangekla word nadat gevind het dat die entstof hoegenaamd nie voldoen aan die vereistes nie.

Die voorval het gelei tot die frustrasie van honderde mense wat hulle babas geneem het om met die middel ingespuit te word, en toe later moes uitvind dat die produk geen resultaat van enige aard lewer nie.

Volgens mediaberigte het die jongste skandaal die Sjinese president, Xi Jinping, tot raserny gedryf terwyl hy op ’n nege dae oorsese reis was om die land se “puik produkte” elders te promoveer en mense aan te moedig om Sjinese produkte te koop.

’n Paar jaar gelede het ’n soortgelyke skandaal Sjina getref toe derduisende mense ’n melkpoeier gebruik het wat ook geen positiewe resultate gelewer het as dit aan babas gevoer word nie.

Die Sjinese president, wat ook Suid-Afrika besoek het vir die Brics vergadering, het ook agt ander Afrika lande besoek in die hoop om groter vertroue te plant vir Sjinees vervaardigde goedere.

Hy het intussen opdrag gegee dat die hoogste moontlike straf toegedien moet word aan die skuldiges wat die entstof vervaardig het.

Intussen word Sjinese produkte aan flarde geskeur deur verbruikers wat hulle wend tot die sosiale netwerk om hulle klagtes wêreldkundig te maak en mense te waarsku teen die gebruik van Sjinese produkte.