Pakistan krieket ikoon wen verkiesing

Imran Khan was op sy dag Pakistan se krieketheld, en word later die leiersfiguur in ’n beweging teen korrupsie in die land, om uiteindelik pens en pootjies binne in die politieke arena te beland.

Nou het hy die algemene verkiesing gewen en is die nuwe eerste minister van Pakistan, wat ’n hele rits beloftes aan die kiesers gemaak het waarvan sommige moeilik bereik sal word.

Sy anti-korrupsie Pakistan Tehreek-i-Insaf (PTI) is die politieke party waarmee hy vinnig opgang gemaak het gedurende die verkiesingsveldtog, maar die regeringsparty wat nou verloor het, sê hy is te onervare om sy beloftes tot uitvoering te bring.

In ’n TV onderhoud wat bykans 30 minute op verskeie kanale uitgesaai en met tolke bedien is, het  Imran Khan weereens sy beloftes herhaal en gesê sommige daarvan sal binne 90 dae reggestel word in belang van die armoedige deel van die bevolking.

Hy het daarin geslaag om die Pakistan Moslem Party van die premier Nawaz Sharif,  te verslaan wat glo vir 10 jaar in die tronk sit weens verskillende veroordelings waaraan hy skuldig bevind is.

Foto – Imran Khan