Opel ook in diesel skandaal

Die stof het nog nie behoorlik gaan lê oor die Volkswagen diesel skandaal nie of die tweede groot voorval word oopgevlek by die Opel motorvervaardiger in Duitsland.

Volgens media berigte in Europa is sowat 600 000 Opel dieselmotors in gedrang nadat bevind is dat die maatskappy daarvan beskuldig word dat hy ook die besoedelingsvlak gemanipuleer het.

Blykbaar het die Germany’s Federal Motor Transport Authority (KBA) die Opel motors onderwerp aan toetse en gevind dat die motors se aanwysings gemanipuleer word.

Volgens die toets is die uitlaatgasse wat besoedeling meebring van die dieselmotors 10 keer hoër as wat deur die vervaardiger aangegee word.

Na bewering word die motor se stelsel afgeskakel op ’n stadium, om daarmee te verhoed dat die korrekte lesing oor besoedeling kan verskyn.

Waarnemers wys daarop dat Opel waarskynlik ook eise ten bedrae van miljarde dollar kan verwag, wat die voortbestaan van die vervaardiger ernstig kan bedreig.