Oorlogskip met fortuin op seebodem gevind

’n Bergingsmaatskappy van Suid-Korea het die skeepswrak uit die oorlogsjare gevind wat onder die Russiese vlag gevaar het. Die skip het 113 jaar gelede gesink en is opgespoor met ’n reuse vrag goud wat steeds ongeskonde is.

Aan boord van die skip is 200 metrieke ton goud gevind met ’n geraamde waarde van 112 miljard euro.

Die Russiese skip, Dmitrii Donskoy, het in 1905 tydens die seegeveg van Tsushima voor die Suid-Koreaanse eiland Ulleungdo gesink.

Die geveg ter see was tydens die oorlog tussen Rusland en Japan waarby 38 Baltiese skepe en 89 Japanse skepe mekaar aangevat het.

’n Span deskundiges uit die verenigde Koninkryk en uit Kanada het die aanvanklike ontdekking gemaak van die skip wat sowat 400 meter diep op die seebodem is.

Die sowat 5 500 goudstawe moes ten alle koste uit die hande van Japan gehou word, maar was toe uiteindelik ook vir Rusland verlore.

Reëlings is getref om die tonne goud te oorhandig aan Rusland wat die wettige eienaars van die fortuin is.

Foto – Die mini-duikboot waarmee die skip gevind is.