Nuwe kragonderbrekings koue se skuld

Nou kry die koue weer skielik die skuld vir nuwe kragonderbrekings en word dit nie toegeskryf aan beurtkrag nie.

Eskom se woordvoerder, Khulu Phasiwe, sê egter dat indien verbruikers spaarsamig krag verbruik, sal daar nie beurtkrag wees nie. Ontleders wys daarop dat die afleiding dus gemaak kan word dat daar nie genoeg krag is nie.