Noordwes polisie in die moeilikheid

 

Die adjunkkommissaris van polisie in die Noordwes, generaal-majoor Jan Mabula, en nege lede van die georganiseerde misdaad eenheid is aangekla van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Twee verdagtes is in 2006 gemartel tydens die ondersoek rondom die diefstal van R14 miljoen by die Benoni SAPD store.

Verskeie dissiplinêre sake is steeds hangend teen Mabula en sy span.

Mabula was ook betrokke by die arrestasie van Paul O’Sullivan en Sarah-Jane Trent wat later terug getrek is.