Noord-Korea kom deel van ooreenkoms na

’n Amerikaanse vliegtuig het in Noord-Korea aangekom wat ’n spesiale sending het om die oorskot van Amerikaanse burgers terug te neem na die VSA.

Die oorskot van ’n aantal Amerikaners wat diens gedoen het tydens die Koreaanse oorlog en daar gesneuwel het, word op plegtige wyse teruggebring na Amerika.

Die terugbring van Amerikaners se oorskot is deel van die kommunistiese leier, Kim Jong-Un, se onderneming aan president Trump tydens hul ontmoeting en ooreenkoms in Singapoer.

Die militêre vliegtuig van Amerika het verlede Vrydag neergestryk in Suid-Korea waar die Amerikaanse manskappe se oorskot opgelaai word.

Die vliegtuig het op die Osar lugmag basis in Seoel geland waar ’n aantal hoë Amerikaanse militêre offisiere die seremonie waargeneem het.

’n Woordvoerder van die Amerikaanse weermag het gesê dit is die eerste deel van Kim

Jong-Un se beloftes wat nagekom is met die oorhandiging van die oorskat van 55 Amerikaanse soldate wat in die oorlog gesneuwel het.