Nog twee Tories bedank

Twee van die Konserwatiewe Party parlementariërs in Brittanje, Ben Bradley en Maria Caulfield, het besluit om ook te bedank uit hulle poste weens die Brexit-krisis.

Dit volg kort nadat David Davies as hoofonderhandelaar van Brexit bedank het en enkele ure later deur Boris Johnson, die minister van buitelandse sake gevolg het.

Beide se bedankings is direk as gevolg van die Britse eerste minister, Theresa May, se sogenaamde Berxit kompromis voorstel aan die Europese Unie.

Politieke ontleders meen die reeks bedankings het ten doel om die premier te laat afsien van haar “te veel toegewings” aan die Europese Unie, en haar pogings om nog ’n samewerkingsooreenkoms met die EU te tref nadat Brittanje se lidmaatskap beëindig is.

Al vier lede wat bedank het beweer glo dat hulle deur hulle kiesers gedruk is om te bedank en is gewaarsku dat hulle hul setels in die volgende verkiesing sal verloor as hulle steeds in hulle poste sou aanbly.

Waarnemers is van oordeel dat nog bedankings kan volg, wat die eerste minister kan verplig om uit te tree as premier, en wat kan lei tot ’n opvolg referendum oor voortgesette EU-lidmaatskap.

Foto – Theresa May