Nog ‘n trein brand in Kaapstad

Nog ‘n Metrospoor trein is op die Kaapse trein stasie aan die brand gesteek op Saterdag 28 Julie 2018.

Skade beloop tussen R1,5 en R 6 miljoen.

Dit is die derde voorval binne agte dae en dit laat die vraag ontstaan of die regering, deur sy polisiedienste,  enigsins in staat is om die anargie in die land te beheer?

Selfs die DA-beheerde Wes-Kaap vaar nie enigsins beter as waar die ANC in beheer is nie.