Moyane dreig Ramaphosa

Tom Moyane het ‘n ultimatum aan president Cyril Ramaphosa gestel.

Hy eis dat die ondersoek ten hom gestaak moet word anders gaan Moyane regsaksies neem.

Moyane beweer dat die ondersoek teen hom  onregverdig, irrasioneel en ‘n mors van die belastingbetaler se geld is. Indien Ramaphosa nie teen Vrydag die ondersoek stop nie, gaan Moyane hom wend tot die hooggeregshof en moontlik die grondwetlike hof.

Met die getuienis wat reeds gelewer is, kan geen regdenkende mens verstaan hoe Moyane tot sy gevolgtrekkings kan kom nie.