Motsoaledi kry wind van voor oor NGV

Die begroting van R259 miljard, wat deur minister Aaron Motsoaledi voorgehou is vir die beplande gesondheidsversekering (NGV), is glo “uit die duim” gesuig” en hy erken dat “ons ‘n fout gemaak het” met die berekeninge.

Hy het gaan kers opsteek by die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) en die Wêreldbank en beide het hom gevra “waarom probeer jy dit doen?” Die koste kan nie gekwantifiseer word deur enige mens nie aangesien daar te veel veranderlikes is.

Hy is volgens kenners besig met ‘n desperate poging wat vanuit die staanspoor gedoem is en selfs die ouditeur-generaal het verklaar dat openbare gesondheid in sy totaliteit ineengestort het.

Beramings toon dat dit vyftien jaar sal neem om die NGV plan te implementeer.