Motors, etes, klere en drank vir die kaders van OP

Verslae van Tesourie wat saamgestel is toon dat maatskappye, individue en nasionale agentskappe soos die Onafhanklike Ontwikkelings Trust, SA Nasionale Pad  Agentskappe, asook die Coega Ontwikkelingskorporasie, meer as R1,6 miljard spandeer het op voertuie, klere, drank en etes terwyl die geld geoormerk was vir paaie, skole en huise in die Oos-Kaap.

R341 miljoen is uitbetaal vir behuising maar nie ‘n enkele kaia is opgerig nie.  R10 miljoen vir die oprigting van mobiele klaskamers het tot niks gelei nie. Twee padprojekte is deur twee firmas “gedoen” vir R4 miljoen en R82 miljoen onderskeidelik terwyl Sanral vir een van die paaie se opgradering R2,3 miljoen betaal is.

Behuising loop dieselfde paadjie met meer as R341 miljoen wat “verdwyn” het saam met die huise.

Verduidelikings is vaag of “geen kommentaar” word in meeste gevalle aangebied.