Moskou sokker word ontwrig

Rusland se weerburo het ernstige waarskuwings uitgestuur dat swaar reën, sterk wind en hael die hoofstad Moskou bedreig en kan lei tot hewige ontwrigting terwyl die internasionale sokkerstryd in die land aan die gang is.

Moskou huisves derduisende besoekers uit baie lande wat tans na die wêreld se grootste sportbyeenkoms opgeruk het ter ondersteuning van hulle land se spelers.

Die wêreldbeker fees wat vanjaar deur Rusland aangebied word, het reeds vir talle sport verrassings gesorg, maar die onstuimige weer wat verwag word, kan ’n demper op die entoesiasme plaas.

Die weerburo het gewaarsku dat kragtige en sterk stormwinde Saterdag die hoofstad kan ontwrig, wat ook enkele ure later bewaarheid is toe swaar reën en sterk wind die stad getref het.

Die bekende en permanente Moskou Handel Skou moes Saterdag sy deure sluit weens die geweldige storms, en daar was geen sprake van enige sport gedurende die naweek nie.