Merkel se probleem word groter

Die Duitse minister van binnelandse sake, Horst Seehofer, sê hy weet dit is moeilik om te glo, maar hy is nie van plan om die Merkel regering te kelder nie.

Die konserwatiewe minister sê hy sal eerder bedank uit die pos as minister indien daar nie ’n aanvaarbare ooreenkoms kan kom oor die onwettige immigrante nie.

Horst Seehofer is daarvoor bekend dat hy sterk gekant is ten die geweldige instroming van vreemdelinge uit Afrika en die Midde-Ooste, en het onlangs ernstige gesprekke gevoer met kanselier Angela Merkel.

Die afgelope naweek het die drie leiers van die koalisieregering lank gedebatteer oor die immigrante krisis, en daarna het minister Horst Seehofer en Angela Merkel ’n lang vergadering gehad in ’n poging om die verskille op te los.

Horst Seehofer se konserwatiewe Christen Sosiale Unie van Bavaria wil nie die regering van kanselier Merkel kelder nie, maar het gesê die party vra ernstige besinning, want sy leier sal nie ’n keuse hê anders as om te bedank as hy nie sy sin kry nie.

Intussen ondervind kanselier Merkel ernstige druk van die Sosialiste in die koalisie, en het daar glo reeds harde woorde geval oor hoe Duitsland die immigrante beleid moet formuleer.

Foto – Minister Horst Seehofer