Massiewe soutwater krokodil gevind

Wildbewaarders het in die noorde van Australië na ’n soektog van meer as tien jaar, op ‘n massiewe soutwater krokodil afgekom wat beskou word as die grootste van sy soort wat ooit gesien is.

Die massiewe reptiel wat net meer as 600 kilogram weeg, is amptelik aangewys as ’n rekord grootte van sy soort, en is langer as 5 meter.

Die reuse reptiel het bewaarders wat bewus is van sy bestaan, vir jare lank ontwyk en is eers die afgelope naweek gevind.

Hy is in die Katherine Rivier deur wildbewaarder John Burke gevind wat reken dat die krokodil minstens 60 jaar oud is.

Daar is sowat 150 000 krokodille in Australië en ongeag waar hulle is, word ingesluit as ’n beskermde wildspesie.