Macron gekant teen VSA ooreenkoms

Die Franse president, Emmanuel Macron, sê hy verskil ernstig met die Verenigde State en wil ’n beter ooreenkoms hè oor die invoer tarief van staal en aluminium.

Frankryk is een van die wereld se lande wat trots is op hulle groot vliegtuig nywerhede en voer jaarliks tonne staal en aluminium in vir die bou van vliegtuie.

Macron sê hy is bereid om met die VSA in gesprek te tree oor die vestiging van ’n mededingende tarief tussen Amerika en die Europese Unie.

Daarmee het macron gesê dat hy nie tevrede is met die ooreenkoms wat die Europese Unie se verlede week met President Trump  aangegaan het nie.

Macron het sy ontevredenheid uitgespreek tydens sy besoek aan Spanje waar hy ’n ontmoeting gehad het met die sosialistiese premier van die land, Pedro Sanchez.

Die Franse president sê geen ooreenkoms moet gesluit word waar dreigemente die botoon voer nie, maar wel waar samewerking tussen bondgenote nagestreef word.

Foto – President Emmanuel Macron